• Elke lid onderneem om oggend vergaderings by te woon, indien moontlik, sal die lid ’n verteenwoordiger stuur in sy plek wanneer hy/sy nie self daar kan wees nie. Teenwoordigheid help om goeie verhoudinge te bou.
  • Slegs een van ‘n spesifieke soort besigheid kan by die groep aansluit. Indien ’n nuwe lid wil aansluit maar die soort besigheid is al reeds gevul, sal hy na een van die ander groepe oorgeplaas word.
  • ‘n Lid kan slegs 1 kategorie in DNB verteenwoordig. Hy kan dus nie meer as een besigheid binne DNB bemark nie, tensy hy nog iemand as lid aansluit wat daardie kategorie se stoel kan volsit op ‘n weeklikse basis.
  • Indien ‘n lid nog besighede het wat nie ingeskakel is by DNB nie, sal hy/sy nie ‘n mede lid wat reeds ’n kategorie het nie sal ondermyn om sy eie besigheid te bevorder nie.
  • Die lid onderneem om nie by meer as een besigheidsnetwerk aan te sluit nie.
  • Die lid onderneem om sy profiel op die DNB  website so gou as moontlik  aktief te maak.
  • Elke lid van die span onderneem om die res van sy spanlede te ondersteun deur middel van goeie kwaliteit verwysings asook deur hul besighede fisies en geldelik te ondersteun.
  • Lede onderneem om op gereelde basis nuwe gaste te nooi. Gaste sal ‘n koste bydra om die geleentheid by te woon en hierdie koste word as’ n fasiliteitsfooi gesien en waarde van die verversings alleen bepaal dit nie.
  • ‘n Lid wat ‘n gas na die byeenkoms toe nooi, moet hom-/haarself vergewis van die kwaliteit en gehalte van die gas se diens/werk ten einde te verseker dat ons kwaliteit na die Netwerk toe bring, daarom sal elke gas wat besluit om deel van die span te word, eers deur ‘n keuringsproses gaan en bly aanvaarding van lidmaatskap die uitsluitlike diskresie van die bestuur en/of lede.
  • Gaste sal nie tydens besoeke voor lidmaatskap enige  verwysing ontvang nie. Hul kan wel verwysings gee, maar hul verwysings word gebêre tot lidmaatskap bevestig is. Gaste mag slegs 3 geleenthede bywoon, waarna hul dan as lid moet aansluit op ‘n maand-tot-maand basis tot Februarie van die volgende jaar, waarna alle lede weer vir lidmaatskap aansoek doen. Lede wat vir hertoelating aansoek doen, sal geëvalueer word op hul deelname, teenwoordigheid en betrokkenheid in die vorige jaar.
  • Lidmaatskapgelde is maandeliks vooruit betaalbaar en lede sal teen elke maand die 24ste van die maand hul fakture vir die volgende maand ontvang wat dan nie later nie as die 2de van die maand betaal moet wees. Lede word aangemoedig om stoporders op hul internet bankdiens in te stel om te verseker dat hul nie agter raak nie. Indien ‘n lid agter raak, sal hy na die tweede maand nie toegelaat word om terug te keer voor die volle bedrag vereffen is nie.
  • ‘n Afkoel periode van 7 dae is van toepassing, indien ‘n nuwe lid besluit om weer te kanselleer. Lidmaatskapgelde is nie terugbetaalbaar na die 7 dae afkoel periode nie.
  • Vir ’n lid wat nie sy lidmaatskap hernu nie word ‘n 3 maande wagperiode geïmplementeer. Die kategorie kan egter in daardie 3 maande weer gevul word, wat sal beteken dat die lid moet wag tot dit weer beskikbaar is, of by ‘n ander span sal moet inskakel.
  • Enige spanlid wat tot nadeel van die span en sy beeld optree; of weens wanpraktyke; of wat ‘n negatiewe invloed op die funksionering van die span het, se lidmaatskap kan onmiddellik beëindig word, sonder terugbetaling van enige fondse wat reeds betaal is.
  • Elke spanlid sal twee of meer keer per jaar ‘n geleentheid kry om ‘n Vergrootglas Bemarking Slot te gebruik, waar hy/sy in baie meer detail hul besigheid voor die res van die spanlede en gaste kan bemark. Hiervoor word 10 min beskikbaar gestel in die agenda.
  • Lede word vriende en gereelde koffietye saam word aangemoedig vir die bou van goeie verhoudings in besigheidsaangeleenthede.
  • Om aansoek te doen, moet die voornemende lid ‘n aansoekvorm invul asook die etiese kode onderteken waarin die lid onderneem om by die reëls en regulasies van die DNB besigheid te hou ten einde te verseker dat Dinamiese Netwerk Bemarking optimaal kan funksioneer tot voordeel van alle lede. Die voornemende lid sal dan voorgelê vir goedkeuring/besware en daarna sal die voornemende lid ingelig word of hul suksesvol was met hul aansoek, aldan nie.