Skip to content
Hoe raak ek lid?
- Jy word deur bestaande lid genooi of jy kontak DNB direk
- Jy kom kuier by die groep of groepe en besluit waar jy wil inskakel (maksimum 3 besoeke)
- As jy reg is en besluit om aan te sluit vul jy die aansoek vorm in.
- Die groep word ingelig van jou versoek om in te skakel en gevra vir enige besware.
- Dit volg met vergadering met DNB Bestuur sodat jy die reëls kan verstaan
- Daarna word jy tot die groep toe gelaat, indien daar geen besware was nie.
- Belangrik – Aansoek is onderworpe aan die terme en kondisies soos bepaal deur DNB voorwaardes
Wat sluit Lidmaatskap in?
- Uitnodiging tot DNB sosiale aktiwiteite en geleenthede, maar is nie verpligtend nie
- Jy ontvang ‘n volledige Web Bemarkings Pakket op die DNB webwerf
- Die Bemarking Pakket kan gekoppel word aan jou epos / Facebook en Webwerf
- Toegang tot die Verwysings Applikasie
Wat is die koste?
- Eenmalige Registrasiefooi R1000
- Lidmaatskap Fooi R500 maandeliks
- Besoekers Fooi R60 per vergadering. (Bespreek as Gas)
Voordele om ‘n lid te wees:
- Die uitruil van besigheid idees en kontak databasisse.
- Word positief geïnspireer tot die vooruitgang van u onderneming.
- Besigheid ondersteuning, bystand en advies.
- Toevoeging tot besigheidshulpbronne en inligting.
- Blootstelling aan besigheid perspektief en insig.
- Bekom besigheid en kliënte verwysings en -ooreenkomste.
- Ontwikkel en versterk die aanvraag tot u produk en of diens.
- Verhoog besigheid identiteit en profiel sigbaarheid.
- Toegang tot kundige besigheidsondersteuning en opleiding.
- Verwerf ontwikkelings geleenthede en uitbreidings moontlikhede.
- Bly op datum met ontwikkeling en uitdagings in relevante industrieë.
- Verhoog kliënte basis asook besigheidsverhoudinge netwerk.
- Investeer in eie betrokke onderneming en die groei daarvan.
- Ontvang professionele bemarkingsvoordele wat lei tot verhoogde verkope.