DNB SE DOELSTELLINGS

Om ‘n dinamiese netwerk groep te wees wat betrokke , bedrywig , vol beweging , krag en energie sal wees om sy groep lede ten volle te ondersteun om hul te help om hul besighede aktief te bemark. Om ten alle tye, eties en korrek op te tree teenoor ons kliente en ons spanlede. Om te verseker dat ons ten alle tye die naam van DNB asook lede van die span sal beskerm deur verantwoordelikheid te aanvaar vir die wyse waarop ons as lede van DNB optree. Om ten alle tye met entegriteit besigheid te handel en vinnig en effektief op te tree teen moontlike ongeruimdhede sodoende lede te beskerm.

DNB SE VISIE

Dinamiese Netwerk Bemarking is ’n professionele platform vir besighede wat op integriteit gebou is, waar lede mekaar ondersteun deur samewerking en vertroue, om volhoubare groei en ’n gesonde ekonomiese toekoms vir elke lid te bevorder.

DNB SE MISSIE

DNB se missie is om ’n weeklikse netwerkgeleentheid te skep waarna elke lid uitsien – ’n plek waar DNB besigheidsvennote vriende word en as ’n hegte span saamwerk om mekaar se besighede vorentoe te dryf en ook op persoonlike vlak bygestaan word.

OMTRENT DNB

DNB (Dinamiese Netwerk Bemarking) skep ‘n dinamiese platform wat diverse lede ondernemings, met dieselfde doelstellings en beginsels, ondersteun tot die groei van ‘n gemeenskaplike voordelige verhouding.
Om ‘n aktiewe en doelgerigte besigheids ontwikkeling en opleidings geleentheid te bied wat alle relevante aspekte van ‘n besigheid onderneming aanspreek.
Om ‘n forum van inligting wisseling te skep wat verwys na geleenthede, bedreigings, beginsels en nodige data wat ‘n atmosfeer daarstel van gemeenskaplike ontwikkelende verryking.
Om gebruik te maak van diverse gemeenskaplike hulpbronne vir die ontgunning van idees, geleenthede en verwysingsraamwerke wat lei tot besigheids welvaart en opheffing.
Om ‘n geleentheid te vereker waar lede ondernemings voordeel kan benut deur die blootstelling van hulle verteenwoordigende bemarkings en verkope doelwitte, dienste en produkte in ‘n etiese omgewing.
Die positiewe toevoeging en bydrae tot gemeentskapsprojekte wat menslike, omgewings en welwillendheid sake insluit.