As lid van die DINAMIESE NETWERK BEMARKINGSPAN verbind ek myself hiermee en onderneem om:

  • Ek sal eerlik, regverdig en met integriteit optree teenoor my mede-lede en hul verwysings. Daardeur sal ek vertroue inboesem by my medelede en hul verwysings.
  • Ek sal DNB se MISSIE en VISIE uitleef.
  • Ek sal goeie en gekwalifiseerde verwysings gee. Ek sal verantwoordelikheid vat om elke verwysing op te volg en afsprake te maak. Het jy ‘n “sin vir dringendheid?”
  • Ek sal by elke vergadering opdaag met ‘n positiewe ingesteldheid om ander te ondersteun en ‘n bydrae te maak tot ander se besigheid. Ek sal betyds opdaag en nie onnodig vergaderings onderbreek nie.
  • Ek sal die waardes van my Professie uitleef tot voordeel van my en my mede-lede en tot voordeel van die industrie waarin ek werksaam is.
  • Ek sal verseker poog om by elke vergadering, weekliks, teenwoordig te wees en wanneer ek nie daar kan wees nie, ‘n opgeleide plaasvervanger in my plek stuur. My teenwoordigheid bou verhoudinge en daarom verbind ek myself tot hierdie groep.
  • Ek sal alle ongeruimdhede, wat binne die netwerk plaasvind, aan die bestuur rapporteer vir onmiddellike optrede.  Ek sal nie onderlangs onsmaaklikheid onder die lede kweek en onnodig “stir” nie.
  • Ek sal ook nie die weeklikse vergadering gebruik om negatiewe kommentaar teenoor lede, DNB, of die bestuur te uiter nie.  Ek besef dat dit kan lei daartoe dat die bestuur my reg van toegang tot DNB kan weier.
  • Ek sal nie net vir eie gewin by die span aan sluit nie, maar aansluit met die gesindheid om te gee eerder as om te ontvang.
  • Ek sal nie net verwysings vir ander gee om goed te lyk nie, maar sal kwaliteit verwysings gee  wat waarde sal toevoeg tot die ander spanlede se besighede.
  • Ek sal kwaliteit produkte en dienste lewer teen die regte prys wat ek kwoteer het.
  • Ek besef dat ons as groep betrokke is in ons gemeenskap en onderneem dus om my samewerking te bied met enige funksies en reëlings om die DNB gemeenskap verantwoordelikheid uit te leef.
  • Ek sal maandeliks my lidmaatskap fooi betyds betaal en sal my ook nie daaraan skuldig maak dat ek nie mede-DNB lede, of kliënte nie onmiddellik, of soos ooreengekom, vir dienste/produkte betaal nie.
  • As rekening twee maande agterstallig is gaan lid gevra word om terug te staan. Lid sal kan terug keer mits sy rekening ten volle betaal is en sy kategorie nie gevul is nie.
  • Ek is bewus daarvan dat ek slegs 3 keer per kwartaal nie vergaderings kan bywoon nie, agv werk verpligtinge, waarna ek vir ‘n maand gestraf sal word en geen verwysings sal ontvang of die vergaderings mag bywoon nie.  Ek sal steeds aanspreeklik gehou word vir my maandelikse fooi, tensy ek in daardie maand deur ‘n nuwe lid vervang word.
  • Die lid onderneem om sy profiel op die DNB  website so gou as moontlik  aktief te maak.