Solidariteit Helpende Hand

Meer Oor
Solidariteit Helpende Hand se roeping is gemeenskapsontwikkeling. Dit is wat ons wil doen, moet doen en ons mee besig hou. Ons dink verbondsmatig, met ander woorde, mense is verbonde aan mekaar. Ons het ’n verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap. Ons leef binne ’n gemeenskap en wil die gemeenskap ontwikkel waarbinne ons leef.
Solidariteit Helpende Hand se bestaansrede is om welstand deur werksyn in en deur ons gemeenskap te help verseker.
VISIE
Volhoubare welstand vir die Afrikaner-gemeenskap.
UNIEKE WAARDE
Solidariteit Helpende Hand is die sneller vir die Afrikaner-gemeenskap om netwerke en instellings te stig waardeur hulle hulself kan help. Ons bied die volgende:
- Toegang tot die geleentheid om te studeer deur die Studietrust.
- Vaardigheidsopleiding in versorging deur die SHH Opleidingsinstituut.
- Ontwikkeling van welstandsgerigte strukture in die gemeenskap.
- Praktiese projekte waarby die gemeenskap betrokke kan raak.
- Gemeenskapskonsessie-netwerk van Ons Winkel.
Kaart
Sorry, no records were found. Please adjust your search criteria and try again.
Sorry, unable to load the Maps API.